Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde egpaar se lyke in bad in hul woonstel gevind

Die lyke van ’n bejaarde egpaar is Sondagoggend in die bad in hul woonstel in ’n aftreeoord in Gqeberha (Port Elizabeth) gevind.

Die 79-jarige vrou het volgens die polisie verskeie steekwonde opgedoen, terwyl haar 81-jarige man geen sigbare beserings het nie.

’n Versorger van die aftreeoord in Parkrylaan het omstreeks 07:00 op hul lyke afgekom.

Dit is onduidelik hoe lank die egpaar reeds dood was, maar die man is glo Donderdag laas lewend gesien.

Volgens ’n bron was die man en vrou geklee waar hulle in die bad gevind is en die man het glo bo-op die vrou gelê.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek dui tans daarop dat niks vanuit die huis vermis word nie en daar is ook geen tekens van gedwonge toegang nie.

Die egpaar se name word weerhou terwyl die polisie hul naasbestaandes opspoor.

Na verneem word is die man Donderdagoggend gesien toe hy oudergewoonte die koerant buite sy huis gaan haal het. Die egpaar is sedertdien nie weer gesien nie, waarna ’n versorger Sondagoggend by hul huis ondersoek gaan instel het. Die versorger het saam met ’n veiligheidswag die egpaar se huis met ’n spaarsleutel oopgesluit en op die toneel afgekom.

Lykskouings op die egpaar sal na verwagting Maandag gehou word.

Die polisie het ’n moordsaak en geregtelike doodsondersoek geopen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.