Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde in huisbraak in Christiana vermoor

’n Bejaarde man van Christiana in Noordwes se lyk is Sondagoggend deur sy bure in sy huis gevind.

Kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Kallie van Heerden (78) is Saterdagaand in ’n huisbraak deur vermoedelik twee mans aangeval.

“Die bure het onraad vermoed toe hulle Sondagoggend nog niks van hom gehoor of gesien het nie. Hulle het gaan ondersoek instel en gesien daar is deure oop. Hulle het in sy slaapkamer op sy lyk afgekom.”

Sy sê die aanvallers het toegang tot die huis gekry deur ’n venster wat hulle gebreek het.

“Hy was alleen in die huis. Die verdagtes het hom met ’n tou in sy kamer vasgebind. Ons is besig om vas te stel wat alles gesteel is, maar in hierdie stadium lyk dit asof net die televisie gesteel is,” sê Funani.

Sy sê dit is onduidelik presies hoe Van Heerden dood is. Dit sal in 'n lykskouing vasgestel word.

Van Heerden was die eienaar van die Kallies-ysterwarewinkel op Christiana.

Funani sê die polisie ondersoek klagte van moord en roof.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.