Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde man in Strand doodgesteek
Die huis in die Strand waar Reggie Gordon se lyk Sondag gevind is. Foto: Maygene de Wee

Reggie Gordon (82) se hande en voete was met kabelbinders vasgebind en hy is verskeie kere met een van hul eie messe gesteek.

Die eienaar van die huis waar hy in Enslinstraat in die Strand geloseer het, het Sondag op sy lyk afgekom.

Gordon was alleen by die huis toe hy vermoor is.

Alton de Wet, by wie hy geloseer het, en dié se verloofde, Abigail Meyer, was weg vir die naweek. Toe hulle Sondag omstreeks 16:00 by die huis kom, het hulle op sy lyk afgekom.

Volgens betroubare bronne is daar nie ingebreek nie.

Een bron sê De Wet se wit Isuzu-bakkie met ’n Ceres-registrasienommer, CT 23485, ’n skootrekenaar, juweliersware, kameras en sowat R230 000 wat in die kluis was, is gesteel.

Die geld was glo bedoel vir betaling van diensverskaffers van De Wet se familieonderneming in Ceres.

Die bakkie is glo op verkeerskameras gesien waar dit in die rigting van Grabouw, oor Sir Lowry’s-pas ry.

Reggie Gordon (82) is by dié huis in die Strand vermoor. Foto: Maygene de Wee

Die mes waarmee Gordon doodgesteek is, is nog nie gevind nie.

Maandagmiddag was lede van die polisie se forensiese afdeling nog besig om die huis en erf vir leidrade te fynkam.

Een van die polisielede het vir De Wet en Meyer gevra wie rook Peter Stuyvesant-sigarette omdat van die stompies in die huis gevind is.

Daar word vermoed dat Gordon sy moordenaars geken en hulle by die huis ingelaat het.

De Wet is familie van Deon de Wet wat in Mei 2000 in sy huis in Pniel vermoor is.

Deon se vrou, Petrolene de Wet, en haar medebeskuldigde Ivan Benting is in September 2004 onskuldig bevind aan die moord, maar wel skuldig bevind aan sameswering om hom aan te rand en aanranding.

Deon is 18 keer in sy slaapkamer geskiet.

Die man wat deur Benting gehuur is om die moord te pleeg, is in Junie 2001 in ’n vermeende bendeverwante-skietvoorval vermoor.

Deon de Wet was soos Alton de Wet ook betrokke by ’n vrugte-onderneming.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

 


 

*Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Reggie Gordon  |  Strand  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.