Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde man vermoor terwyl hy tuinmaak
Deon Botha sr. en Deon Botha jr. deel ’n vrolike oomblik. Foto: Verskaf

’n Bejaarde man (72) van Nigel aan die Oos-Rand is Donderdagoggend in sy voortuin geskiet.

Deon Botha het glo tuingemaak toe ’n aanvaller wat vroeër by ’n nabygeleë huis ingebreek het, hom in die bors skiet.

Quintin Joubert, ’n lid van Nigel se gemeenskapspolisie, sê die aanvaller het aanvanklik deur die erf van ’n kleuterskool naby Botha se huis gehardloop.

“Daarna het hy ’n vuurwapen en juwele by ’n oom in Bloekomstraat gesteel en toe gevlug. ’n Vrou van die kleuterskool het hom gesien hardloop en hom met haar voertuig tot in Violetstraat agtervolg. Toe sy hom konfronteer, het hy haar met ’n vuurwapen gedreig en toe na Tulpstraat gevlug. Hier het hy oom Deon glo geskiet,” sê Joubert.

Joubert het op Botha se lyk afgekom.

’n Familievriendin het aan Netwerk24 gesê die familie is verpletter, “veral omdat oom Deon se vrou agt maande gelede dood is”.

Die vriendin sê Botha was baie gelowig.

“Hy was baie liefdevol. Hy het nooit stilgesit nie en niks in die lewe kon hom onderkry nie,” sê sy.

Kapt. Kay Makhubela, ’n Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van moord.

“Die rede vir die moord is nog nie bekend nie. Die polisie versoek die publiek om na vore te kom indien hulle enige inligting oor die voorval het,” sê hy.

Martin Harris, hoof van die Nigel-gemeenskapspolisie, het aan Netwerk24 gesê Botha se moord kan nie gekoppel word aan dié van Hans van Rooyen (83) wat in November onder soortgelyke omstandighede in sy huis in Nigel vermoor is nie.

“Die beskrywing van die  rowers in die voorvalle verskil. Deon is deur ’n jongerige man vermoor, terwyl Van Rooyen deur ouer mense vermoor is,” sê hy.

Botha word oorleef deur sy seun, dogter en ’n kleinkind.

Die familie wou nog nie met die media praat nie.

Meer oor:  Nigel  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.