Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde Oos-Kaapse boer vermoor in sy huis gevind
Die wrak van die gesteelde Land Cruiser-voertuig wat Sondag verlate in die Toise-gebied aangetref is. Foto: Verskaf

’n Boer wat by ’n bejaarde vriend op sy plaas gaan kuier het, het Sondagoggend afgekom op ’n moordtoneel.

Volgens die polisie se voorlopige ondersoek lyk dit asof die 75-jarige boer doodgeslaan is in sy huis op sy plaas in die Henderson-gebied naby Toise, tussen Stutterheim en Cathcart in die Oos-Kaap.

Volgens ’n bron lyk dit asof die aanvaller – of aanvallers – ’n klomp drank in die plaashuis gedrink het voordat hy of hulle met die oorledene se Land Cruiser-voertuig gevlug het.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondagmiddag gesê die polisie is nog op die toneel besig. In daardie stadium was hulle nog onseker hoeveel aanvallers betrokke was.

Kinana sê die polisie is Sondagoggend na die toneel uitgeroep nadat ’n boer die oggend by die oorledene gaan kuier en op die toneel afgekom het.

Die oorledene se Land Cruiser is later verlate en uitgebrand langs die pad aangetref.

Kinana sê sake van moord en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

Meer besonderhede oor die aanval was nie onmiddellik bekend nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Plaasmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.