Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde op kleinhoewe buite Pta doodgeskiet

’n Bejaarde man is Sondagaand doodgeskiet toe twee aanvallers op ’n kleinhoewe noord van Pretoria toegeslaan het.

Frans Booysen (74) is omstreeks 23:20 geskiet. Sy suster, Karen Joubert, is in die maag gewond. Hul skoonsuster, Fiena Booysen, is nie ernstig beseer nie.

’n Vuurwapen is glo gesteel.

Volgens Tarien Cooks, gemeenskapsveiligheid koördineerder van AfriForum, het die aanvallers toegang tot die kleinhoewe verkry deur die skuifhek van die spoor af te lig en isoleerband is gebruik om die elektriese heining te neutraliseer. Die huis se deur is afgebreek.

“Oom Frans is buite die huis geskiet, maar dit is nog nie duidelik waarom hy buite was nie,” sê sy.

Cooks was Maandagoggend op die toneel.

Lede van die gemeenskap het die verdagtes se spoor gevolg, maar dit het by die teerpad doodgeloop waar hulle vermoedelik opgelaai is.

Die verdagtes word na bewering verbind met ander gewapende rooftogte wat die afgelope tyd in dié omgewing plaasgevind het.

Karen Joubert is na die Netcare Montana-hospitaal geneem waar sy reeds geopereer is.

“Dit gaan orraait met haar en die operasie het goed afgeloop. Hul skoonsuster is uiteraard nog erg geskok oor die gebeure.”

Die polisie in Hammanskraal het die voorval bevestig, maar kon nog nie meer besonderhede verskaf nie.

Meer oor:  Pretoria  |  Bejaarde  |  Kleinhoewe  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.