Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde paar 2de keer op plaas aangeval

’n Bejaarde boer en sy vrou is erg geskok nadat hulle vir die tweede keer op hul plaas in die Cornelia-distrik in die Vrystaat oorval en erg aangerand is.

Paul en Maggie Braak van die plaas Kroonvlei, wat glo besig is om die plaas te verkoop, is Sondagmiddag aangeval.

Hulle word in ’n versorgingsoord op die dorp behandel.

Konst. Josephine Rani, ’n polisiewoordvoerder, sê Maggie Braak het omstreeks 16:00 drie onbekende mans op die plaas gewaar terwyl haar man geslaap het.

Sy het die mans gevra wat hulle wou hê. Hulle het geantwoord dat hulle op soek was na varkkos.

Haar man het intussen wakker geword en die mans na die pakhuis geneem. Daar het hulle hom oorval en met draad vasgebind.

“Een van die mans het by hom gebly, terwyl die ander twee na die huis gegaan en geld van sy vrou geëis het. Sy het geweier om aan hulle geld te gee en is in die mond geskiet.”

Volgens Rani is niemand nog aangekeer nie.

’n Inwoner van Cornelia, wat verkies om naamloos te bly, het die aanval bevestig en sê die Braak-egpaar is erg geskok.

Die Braaks is in April 2015 ook op hul plaas aangeval.

Paul, toe 80 jaar oud, was destyds in die tuin besig toe hy aangeval is. ’n Man het hom met ’n tuinvurk aangeval en daarna ook vir Maggie, wat in die huis was, met die tuinvurk beseer.

Niks is toe gebuit nie.

Vrystaat Landbou het Woensdag gesê hulle dra kennis van die aanval.

Meer oor:  Vrystaat  |  Misdaad  |  Bejaarde Egpaar  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.