’n Bejaarde paartjie van Mowbray in Kaapstad se lyke is Saterdagoggend in hul huis ontdek.
Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die paartjie, onderskeidelik 95 en 96 jaar oud, was vasgebind.
Altwee is op die toneel dood verklaar.
Rwexana sê die polisie het ’n klagte ontvang waarna hulle by die paartjie se huis gaan ondersoek instel het.
“Die omstandighede van die moord word ondersoek en daar is nog niemand in hegtenis geneem nie,” sê sy.
Die polisie ondersoek ’n dubbele moordsaak.

Die vooraansig van die huis waar die bejaarde paartjie vermoedelik vermoor is. Foto: Google Maps