Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde sterf aan meswonde naby aftreeoord
Destiny Newberry Foto: Facebook

’n Tuinier wat na bewering ’n weerlose bejaarde vrou helderoordag buite die aftreeoord waar sy gewoon het, vermoor het, sal Vrydag in die hof verskyn.

Destiny Newberry van die Senatus-tehuis in Carletonville, Gauteng, is Dinsdagoggend as vermis by die polisie aangemeld. Haar lyk is ure later naby die tehuis gevind.

Sy is vermoedelik die oggend oorrompel, met ’n stomp voorwerp aangerand en met ’n mes doodgesteek.

Daarna het die aanvaller glo haar handsak gesteel en in haar groen Chevrolet Spark gevlug.

Volgens ao. Peter Masooa, polisiewoordvoerder, het ’n verbyganger haar lyk in ’n oop stuk veld naby die vliegveld in Carletonville gesien en die polisie ontbied.

Sy het veelvuldige steekwonde en verskeie ander beserings gehad.

Haar gesteelde motor is die aand deur die polisie by ’n huis in die Khutsong-woonbuurt gevind.

’n Man, wat glo Newberry se tuinier was, is aangekeer en word vir ondervraging aangehou. Hy het tydens ondervraging aan die polisie gesê hy het die voertuig by Newberry gekoop.

Masooa sê die beweerde moordwapen en van haar besittings is in die man se huis gevind.

Hy sal Vrydag in die landdroshof in Oberholzer verskyn.

“Ons innige simpatie en gebede gaan uit na die familie van mev. Destiny Newberry wat vir die afgelope vyf jaar ’n inwoner was van Senatus,” het die tehuis op sy Facebook-blad geskryf.

“Ons wil hiermee ook net te kenne gee dat die moord nie plaasgevind het by Senatus, soos deur stories wat versprei word nie, maar dat die voorval buitekant Senatus plaasgevind het.”

Meer oor:  Aftreeoord  |  Vermoor  |  Beroof  |  Bejaarde  |  Tuinier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.