Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde vrou erg aangerand ‘vir paar stukkies goed’

“Dit is tragies dat ’n weerlose vrou só in haar huis vir ’n paar stukkies goed verniel is.”

So sê Wally Smit, sakeman van Bloemfontein, nadat Petro Schmidt (79), sy skoonma, Dinsdag helder oordag in haar huis in Faunasig oorval en verskeie kere met ’n skerp voorwerp in onder meer die gesig gesteek is.

Schmidt is net ná 09:00 in haar slaapkamer gekry nadat ’n Bybelstudiegroep van die NG kerk Fauna by haar huis opgedaag en sy nie vir hulle oopgemaak het nie.

Die groep, wat uit ses tot agt lede bestaan, maak weekliks beurte en was veronderstel om Dinsdag by Schmidt se huis byeen te kom. Toe sy nie reageer nie, het hulle haar man, Johan Schmidt, gebel. Hy het hom na die huis gehaas waar hulle op ’n ernstig beseerde Schmidt afgekom het.

Sy is na die Life Rosepark-hospitaal geneem.

Smit sê sy skoonma is erg aangerand vir ’n paar stukkies juweliersware.

“Dit is sinneloos. Hulle kan haar gelos het en net die goed gevat het.”

Volgens Smit moes die voorval tussen 08:00 en 09:00 gebeur het toe sy skoonma alleen tuis was. Hy sê sy skoonpa (in sy 80’s) doen deeltyds administratiewe werk en was tydens die aanval by die werk.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes toegang deur ’n stukkende venster verkry het.

Hy sê die slagoffer kon nog nie met die polisie praat nie.

“Juweliersware wat aan die familie behoort, is gesteel en ’n leë juwelekissie is buite die huis gekry.”

’n Saak van huisroof word ondersoek.

Meer oor:  Wally Smit  |  Petro Schmidt  |  Bloemfontein  |  Roof  |  Aanranding  |  Bejaarde Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.