Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde vrou in haar huis in Napier vermoor
reed
Rosalie Reed Foto: Verskaf

Mike Reed van De Kock-straat in Napier is Donderdag net gou winkel toe. Toe hy omstreeks 12:05 terugkom, het hy sy vrou, Rosalie (73), bebloed en dood op die kombuisvloer van hul huis aangetref. Sy is vermoor.

Drie inwoners van Napier is in die ure ná die moord vir ondervraging deur die polisie ingeneem, maar twee van die mans is volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, ná ondervraging laat gaan.

Die derde man word nog op ’n aanklag van moord aangehou en sal Maandag in die landdroshof in Bredasdorp verskyn.

Ingeligte bronne in die dorp sê die aanvallers het oor die agterste heining van die eiendom gespring en Reed is vermoedelik in die kombuis oorrompel en doodgeslaan.

Die mense sê die egpaar het hout verkoop en die aanvallers het vermoedelik gedink hulle het geld in die huis.

Traut het gesê die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Inwoners van Napier wou Vrydag nie ’n woord oor die moord rep nie.

Ivan Boshoff, woordvoerder van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, het navrae na die polisie verwys. By die polisiekantoor self is alle navrae na die provinsiale kommunikasiekantoor verwys.

Meer oor:  Vermoor  |  Napier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.