Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde vrou in haar huis vermoor

’n Vrou is Maandagoggend in haar huis op die plaas Elandsfontein in Fochville deur twee mans oorrompel en vermoor.

Susanna Maria Elizabeth Nell (84). Foto: Verskaf

Susanna Maria Elizabeth Nell (84) is vermoedelik in haar sitkamer versmoor, en haar lyk is met ’n hoop klere versteek.

Buurtwaglede van Fochville het bevestig dat die bejaarde vrou, vermoedelik aangeval is deur mans wat glo saam met een van die mans se ma op dié plaas bly en ’n woonstel by die bejaarde Nell gehuur het.

Volgens ’n plaaswerker was die slagoffer glo laas omstreeks 04:00 lewend gesien toe sy hom gevra het om haar selfoon te herlaai.

Toe die werker later die oggend kom om die sleutels te kry om oop te sluit, het Nell nie geantwoord nie.

JC van der Merwe, van die Fochville gemeenskapspolisiëringsforum, sê die werker het oral geklop en geen reaksie gekry nie.

“Hy het om die huis geloop en gesien dat die slaapkamervenster en die diefwering oopgedwing is.

Hy het dadelik alarm gemaak,” sê Van der Merwe.

Volgens hom is daar eers gesukkel om die slagoffer op te spoor en moes die polisie se honde-eenheid ingeroep word. “Die eenheid het later haar lyk gevind en sy is vermoedelik verwurg. Die lyk is onder baie klere in die eetkamer versteek.”

Die slagoffer se selfoon se sein is laas by ’n selfoontoring in die Klerksdorp-omgewing opgetel.

Van der Merwe sê die familie vermoed dat die twee aanvallers op die plaas gebly het.

Volgens hom is die twee verdagtes glo aangekeer.

Intussen het die polisie nog nie navrae beantwoord nie.

Meer oor:  Fochville  |  Twee Mans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.