Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde vrou in haar kamer in Rondebosch vermoor
Forensiese dienste op die toneel in Rondebosch.Foto: Verskaf/Radio 786

’n 76-jarige vrou is Donderdag dood in haar slaapkamer in Rondebosch aangetref nadat inbrekers haar blykbaar douvoordag vermoor het.

Siyabulela Malo, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê klagte van moord asook huisroof en motordiefstal word ondersoek ná die voorval wat omstreeks 03:35 in Stasieweg gebeur het.

“Toe die polisie daar aankom, het hulle haar dood in haar slaapkamer aangetref. Die huis is geplunder en elektroniese toestelle asook die slagoffer se voertuig is gesteel.”

Volgens Malo is die vrou se motor intussen verlate in ImizamoYethu in Houtbaai gekry.

Malo sê ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Monica Sutherland, voormalige voorsitter van die Belastingbetalersvereniging van Rondebosch-Rosebank en ’n plaaslike inwoner, het haar skok uitgespreek oor die moord en gesê misdaad in die gebied ruk handuit.

“Misdadigers word net nie swaar genoeg gestraf nie. Dis skokkend dat bejaardes in hul huise geteiken word. Baie van die mense is ook vergeetagtig en onthou nie altyd om hul veiligheid eerste te plaas nie. Dis hartseer dat ’n bejaarde, weerlose vrou in haar eie slaapkamer vermoor is,” het sy gesê.

Die polisie versoek enigiemand met inligting om die Stopmisdaad-nommer, 08600 10111, te skakel.

Meer oor:  Rondebosch  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.