Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde vrou op plaas verkrag

’n Bejaarde vrou is Vrydagaand op ’n plaas naby Redelinghuys in die Wes-Kaap verkrag.

Die voorval het omstreeks 19:30 in die 70-jarige vrou se huurhuis gebeur, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Die vrou bly alleen in die huis, maar daar is bure naby wat ook op die plaas bly.

“Hulle het haar kom help toe sy om hulp geskree het,” sê Van Wyk.

Hy wou nie bevestig of die vermeende verkragter iemand is wat die vrou ken nie.

’n 28-jarige verdagte is op aanklagte van verkragting en huisroof aangekeer.

Hy sal Dinsdag in die landdroshof in Piketberg verskyn.

Meer oor:  Piketberg  |  Redelinghuys  |  Bejaarde  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.