Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaarde vrou slaap deur kaping buite Worcester

Die bejaarde vrou van Kraaifontein in Kaapstad wat Dinsdagaand buite Worcester gekaap is, het deur die hele kaping geslaap.

Hoewel die 76-jarige vrou Woensdag ongedeerd gevind is, is die verdagtes met R80 000, twee vuurwapens en kruideniersware vort.

Die vrou, wat Parkinson se siekte en Alzheimer se siekte het, het nadat sy gevind is aan die polisie gesê sy het deur die kaping geslaap en kan niks daarvan onthou nie.

Die vrou was Dinsdag in haar lewensmaat se Volkswagen Jetta toe drie kapers die motor om 22:20 buite Worcester op die R60-pad tussen dié dorp en Robertson gekaap het.

Sy en die paartjie se hondjie is vroeg Woensdagoggend ongedeerd gevind nadat die kapers haar en die hond verlate in ’n nywerheidsgebied buite die dorp gelos het.

gekaap, kaping, jetta
Die Volkswagen Jetta wat deur die rowers gekaap is en Woensdag verlate gevind is. Foto: Verskaf

Die paartjie was onderweg na Oudtshoorn toe die 61-jarige man duskant die nuwe verkeersirkel buite die dorp naby Zweletemba, die informele nedersetting buite Worcester, moes aftrek om ’n band te ruil.

’n Polisiebron met kennis van die voorval sê drie mans het opgedaag en die man eenkant toe geskop terwyl hy besig was met die band.

“Die sleutel was in die aanskakelaar en hulle het met die motor weggery terwyl die vrou in die motor geslaap het.”

Volgens die polisiebron het die paartjie vanaf Kraaifontein gery sodat hulle na die man se bejaarde pa, wat in sy 90’s is, in Oudtshoorn kon gaan.

“Die slagoffer wil glo ’n huis in Oudtshoorn koop. Hy sê dit is hoekom hy met R80 000 rondgery het. Hy en sy lewensmaat was reeds in Worcester toe iemand hulle bel om te vra of hulle die huis in Kraaifontein gesluit het. Hulle het omgedraai en teruggery om seker te maak die huis is gesluit.”

Die man het vir ons gesê daar staan ’n motor met ’n 'auntie' en ’n hondjie in op ’n verlate grondpad in die nywerheidsgebied.

Toe hulle weer deur Worcester ry om hul reis na Oudtshoorn voort te sit, het hulle ’n pap wiel gekry.

“Die man het uitgeklim om die band te ruil toe die drie verdagtes op hom toesak. ’n Verkeersbeampte wat daar naby werk, het die man ná die kaping in die pad gekry. Dit is toe dat die polisie van die kaping ingelig is.”

Die bron sê die man het die polisie ingelig dat sy lewensmaat steeds in die motor is.

Sy maak ook van ’n loopraam of kierie gebruik en het ’n kolostomie-sakkie.

Die polisie het ’n soektog na die vrou en motor gelas.

“Iemand wat vanoggend op pad werk toe was, het ’n motor op die grondpad by die nywerheidsgebied gevind en die polisie gebel.”

Die bron sê die persoon het nie geweet die motor en die vrou word vermis nie.

“Die man het vir ons gesê daar staan ’n motor met ’n auntie en ’n hondjie in op ’n verlate grondpad in die nywerheidsgebied,” sê die bron.

Sers. Annelize October, polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig die vermiste vrou is Woensdag om 08:20 ongedeerd gevind.

October sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Worcester  |  Wes-Kaap  |  Kraaifontein  |  Kaapstad  |  Bejaarde  |  Kaping  |  Vrou  |  Polisie  |  Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.