Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaardes by ouetehuis tydens beurtkrag beroof

Inwoners van ’n ouetehuis in Port Elizabeth is Donderdag beroof enkele minute nadat die elektrisiteit weens Eskom se beurtkrag afgeskakel is.

Die 76-jarige klaer wat by die ouetehuis in Lakeside-weg, Chelsea, woon, het omstreeks 20:00 haar deur oopgemaak om haar hond uit te laat.

Volgens die polisie het vier verdagtes die vrou by haar huis ingedwing. Hulle het ’n ysterpyp en ’n vuurwapen by hulle gehad en het geld van die bejaarde geëis.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ook na drie ander inwoners se kamers gegaan en geld en twee selfone gebuit.

Die verdagtes het daarna weggehardloop. Niemand is beseer nie.

Die polisie het inwoners – en veral inwoners van ouetehuise – versoek om saans wanneer beurtkrag van toepassing is, veral waaksaam te wees. Inwoners word aangeraai om hul vensters toe te hou en deure gesluit en om dit nie oop te maak vir enigiemand wat hulle nie verwag nie.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Beroof  |  Bejaardes  |  Beurtkrag  |  Ouetehuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.