Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bejaardes getraumatiseerd ná 2de aanval op plaas

’n Bejaarde egpaar wat op Valentynsdag op hul plaas buite Delportshoop in die Noord-Kaap aangeval is, is steeds erg getraumatiseer en seer nadat hulle aangerand en vir die nag vasgebind is.

Chris Hattingh (79) en sy vrou, Polla (77), van die plaas Eureka, 35 km vanaf Delportshoop, se bakkie is intussen in die Lusaka-nedersetting op dié dorp gekry.

Dit is die tweede keer dat hulle die slagoffers van ’n plaasaanval is.

Chris sê hulle is in Desember 2018 ook in hul huis aangeval. Hy sê hy het verneem een van dié drie verdagtes is moontlik al aangekeer, maar dit kon nog nie bevestig word nie.

Uiteindelik het die rowers R2 000 uit Polla se beursie en handsak geneem en ook bankkaarte. Die egpaar is gedwing om hul PIN te verskaf. Hul selfone is ook geneem.

Die aand van Valentynsdag het hul krag skielik afgegaan en hulle het gemeen dit is bloot beurtkrag – min wetende dat die krag by ’n paal naby die huis “afgeskakel” is.

Polla was met die sleutel reeds in die veiligheidsdeur op pad na buite toe ’n man te voorskyn gekom en gevra het om ’n kers te leen.

Volgens Polla het die man gesê hulle kuier by plaaswerkers en dit was donker weens beurtkrag.

Sy is na binne om ’n kers te gaan haal en het die sleutel in die veiligheidsdeur gelos.

Die volgende oomblik het drie mans met klapmusse hul verskyning gemaak en haar begin skop, slaan en wurg. Hulle het haar van kamer tot kamer gedwing en geld geëis, sê sy.

Chris is al jare ’n invalide ná ’n motorongeluk waarin sy nek en rugmurg beseer is. Hy is vir alle beweging van haar afhanklik.

Polla sê hy is van die bed gegooi, op die vloer in sy ribbes geskop en gewurg. Hy is drie maal met ’n mes gesteek en aan sy arms en bene gesny.

Uiteindelik het die rowers R2 000 uit Polla se beursie en handsak geneem en ook bankkaarte. Die egpaar is gedwing om hul PIN te verskaf. Hul selfone is ook geneem.

Chris moes daarna verduidelik hoe sy nuwe Ford Ranger werk. Die egpaar is met elektriese drade aan weerskante van die bed vasgebind.

Chris sê hulle het deurentyd gebid, want hy kon weens sy toestand geen weerstand bied en sy vrou is ook weerloos.

Teen die oggendure kon Chris ’n werker se aandag trek, wat die polisie en sy kleinseun ontbied het.

Hy sê die polisie was gou op die toneel.

Etlike duisende rande is uit die egpaar se bankrekening onttrek. Sover vasgestel kon word is die rowers steeds op vrye voet.

Meer oor:  Chris Hattingh  |  Noord-Kaap  |  Delportshoop  |  Plaasaanval  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.