Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bekende Bloem-joernalis se lyk langs N1 gekry

Die polisie ondersoek die omstandighede om die dood van ’n bekende joernalis van Bloemfontein wie se lyk langs die N1-hoofweg in die Kroonstad-omgewing gevind is.

’n Lykskouing sal Donderdag gehou word om te bepaal waaraan Junior Bonase (41) van Dumelang News in die stad dood is.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het Dinsdag omstreeks 23:00 ’n lyk langs die N1-hoofweg buite Heuningspruit opgemerk en die polisie ontbied.

Bonase het wonde aan sy gesig gehad. Mbambo sê dit is onbekend wat gebeur het.

“Die omstandighede rakende sy dood is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.”

Junior BonaseFoto: FACEBOOK

Lt.genl. Moeketsi Sempe, Vrystaatse polisiehoof, het in ’n verklaring gesê hy het met skok en ongeloof van Bonase se dood verneem. Hy het sy medelye aan sy familielede oorgedra.

“Ons het goeie verhoudings met joernaliste in die Vrystaat, aangesien hulle ons inisiatiewe in die stryd teen misdaad ondersteun. Ons is hartseer oor die verlies van so ’n energieke, toegewyde joernalis, en sal onvermoeid werk om die oorsaak van sy dood te blootlê.”

Die mediakomitee Free State Media Co-operative het Bonase se dood as ’n skok beskryf.

“Ons hoop dat die polisie in staat sal wees om vas te stel wat tot die tragedie gelei het.”

Volgens die komitee het Bonase Dinsdag aan kollegas gesê dat hy Woensdag in Johannesburg moes wees om twee belangrike vergaderings by te woon. Hy sou die middag terug in Bloemfontein wees.

Bonase was ’n voorsitter van die komitee.

Huldeblyke van hartseer vriende en familie het kort ná die nuus van Bonase se dood op sy Facebook-blad begin instroom.

Een van Bonase se vriende, Sidwell Guduka, ook ’n joernalis, het geskryf: “Hy was ’n dapper en goeie joernalis wat ryke ervaring gehad het. Mag sy siel in vrede rus.”

Meer oor:  Junior Bonase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.