Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bekende eiendomsagent dood in woonstel gevind
Elbie Gerber, direkteur van Seeff-StrandFoto: Facebook

’n Bekende eiendomsagent van die Strand, is Vrydagoggend dood in sy woonstel aangetref.

Eldie Gerber (56) se lyk is omstreeks 10:40 in sy Beachroad-woonstel in die Strand aangetref met veelvuldige kopbeserings.

Die Wes-Kaapse-polisie het bevestig dat die 56-jarige man in die woonstel gekry is en dat die voorval ondersoek word.

“Die ondersoekspan het inligting opgevolg en ’n verdagte aangekeer. Die 30-jarige verdagte is naby die moordtoneel aangekeer terwyl hy steeds in besit van die slagoffer se eiendom was,” het kol. Andrè Traut gesê.

Volgens Traut sal die verdagte Maandag in die landdroshof in Die Strand verskyn op ’n aanklag van moord.

Huldeblyke stroom op sosiale media in vir Gerber.

Familie en vriende het op Facebook hul ongeloof en skok uitgespreek oor die manier waarop hy gesterf het.

Meer oor:  Seeff  |  Eldie Gerber  |  Strand  |  Woonstel  |  Dood  |  Sterfgeval  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.