Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bekende in insleepdiensbedryf vermoor

’n Bekende in die padbystand-en-insleepdienstebedryf in KwaZulu-Natal is Dinsdagoggend dood nadat hy en sy gesin in hul huis in Westville buite Durban deur rowers oorval is.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-nooddienste, is paramedici omstreeks 05:00 na die toneel by die huis van die 53-jarige Johan Kriek ontbied, waar hy, sy vrou en sy tienerseun aangeval is.

“Die man is met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek. Hy het ondanks die pogings van paramedici en dokters aan sy beserings beswyk. Die vrou en seun het matige beserings opgedoen, is op die toneel gestabiliseer en na ’n hospitaal geneem,” het Jamieson gesê.

Boodskappe van medelye het Dinsdag op sosiale media vir Kriek ingestroom.

“Johan was iemand wat soveel mense op die paaie gehelp het. Hy het nie verdien om op so ’n wyse te sterf nie – en sy gesin verdien nie hierdie hartseer nie,” het ’n persoon geskryf.

“Hy en sy span het saam met nooddienste by ongelukstonele gewerk en hy was altyd bereid om moeite te doen om ander in tye van trauma te help,” het ’n ander persoon in ’n boodskap geskryf.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die aanval het gebeur toe die vrou die voordeur oopgemaak het om die honde uit te laat.

“Twee mans het die huis binnegestorm en ’n struweling het ontstaan. Die man is in sy bors en sy 18-jarige seun is in sy regterbeen gesteek. Die verdagtes het met ’n selfoon en ’n beursie van die toneel gevlug. Klagte van moord, poging tot moord en roof word ondersoek,” het Gwala gesê.

Johan was iemand wat soveel mense op die paaie gehelp het. Hy het nie verdien om op so ’n wyse te sterf nie – en sy gesin verdien nie hierdie hartseer nie.

Meer oor:  Rowers  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.