Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bekende prokureur vlug betyds voor skote op sy motor

’n Bekende Kaapse prokureur het Donderdagoggend glo ’n aanslag op sy lewe net-net oorleef.

Bronne sê die beweerde aanslag op William Booth se lewe het in Oranjezicht in Kaapstad gebeur. Hy kon glo betyds daarin slaag om van sy voertuig weg te kom toe sy aanvallers op die voertuig begin skiet het.

Booth is bekend om hoëprofielsake en kliënte soos die onderwêreld-figuur Mark Lifman, asook Petina Coetzee, wat glo haar man wou laat vermoor.

Booth is ook die regsverteenwoordiger van Clarissa Venter, die sogenaamde klapjuffrou.

Kort nadat adv. Pete Mihalik in 2018 voor sy kinders se skool in Groenpunt doodgeskiet is, het hy vir die eerste keer met lyfwagte by die streekhof in die Paarl opgedaag.

Hy was glo by die hof vir die saak teen sy kliënt, Johan du Toit, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou, Chanel, in Julie 2010 in hul kothuis op die plaas Dieu Donné buite Franschhoek vermoor het.

Volgens bronne was hy besig om sy voertuig se deur oop te maak om in te klim toe hy twee gemaskerde mans met vuurwapens opgemerk het.

Altesaam vier of vyf skote is glo op sy voertuig geskiet.

Booth en een van sy vennote is vir kommentaar genader en dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Adv. William Booth kom in November 2018 met 'n lyfwag by die streekhof in die Paarl aan. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  William Booth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.