Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bekende skrywer op kleinhoewe vermoor

Die skrywer en letterkundige Tom Gouws is in ’n rooftog op sy kleinhoewe buite Pretoria vermoor.

Tom Gouws Foto: Facebook

Netwerk24 het met sy suster, Judy Leclerc, gepraat, wat die nuus bevestig het.

Tom en sy vrou het volgens Judy die kleinhoewe buite Lynnwood in Pretoria onlangs gekoop en ’n huis daar gebou.

Hy is glo deur rowers by die huis ingewag en sy vrou is ook aangeval. Haar toestand is nie bekend nie.

Tom se seun, Daniël, het aan Netwerk24 bevestig dat sy pa vermoor is, maar was te hartseer om meer inligting te gee.

Medelye het vroeg Donderdagoggend op Facebook ingestroom.

Fred en Mercia Eloff sê: “Tom ou maat, nou is jy waar Vader is. Vertroosting toegebid vir die familie.”

“Sjoe Tom ... nou is jy elke dag saam met my .... WOLK van Getuie en moedig my aan. My meegevoel aan familie wat hier deur werk”, lui ’n inskrywing van Christa Stander.

Tom was veral bekend as digter, maar het ook verskeie dramas en radiodramas geskryf.

Hy was die vierde wenner van die jaarlikse Nagtegaalprys vir nuut geskrewe verhoogtekste vir die drama Nag van die langmesse.

Meer oor:  Tom Gouws  |  Misdaad  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.