Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bekende Stellenbosser in tronk ná man se skietdood

’n Bekende sakeman (69) van Stellenbosch gaan die naweek agter tralies deurbring nadat hy glo Vrydag in die vroeë oggendure ’n onbekende man in dié dorp se nywerheidsgebied doodgeskiet het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê dit het kort ná 02:15 gebeur.

Dit blyk dat die sakeman, wat ook ’n bekende in sportkringe is, glo die omgewing van sy onderneming in Plankenbergstraat, net onder die Kayamandi-woonbuurt, gepatrolleer het nadat ’n inbraak vroeër vandeesmaand voorgekom het.

Hy het glo ’n onbekende man in die straat naby sy onderneming gesien stap en glo eers ’n waarskuwingskoot afgevuur.

Bronne het gesê die man het glo met sy bakkie nader aan die man gery en toe met ’n .22-geweer op hom geskiet. Die man is glo in die agterkop getref en is op die toneel dood.

Volgens die bronne het ’n sekerheidsbeampte wat ook die straat gepatrolleer het, reeds ’n verklaring oor die gebeure by die polisie afgelê.

Die sakeman sal vermoedelik Maandag in die plaaslike landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

Meer oor:  Skietdood  |  Sakeman  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.