Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Belgiese sendeling (83) in huis in Noordwes vermoor
Eerwaarde Joseph Hollanders (83).

Die polisie in Noordwes kon nog nie bepaal wat die motief was vir die moord op ’n Belgiese sendeling wie se vasgebinde lyk in sy huis in Bodibe, naby Lichtenburg, gevind is nie.

’n Besoeker het eerwaarde Joseph Hollanders (83) se lyk Maandagmiddag in sy huis gevind. Sy hande en voete was vasgebind.

Die vermoede bestaan dat hy Sondag ná kerk in sy huis oorrompel en toe moontlik verwurg is.

Volgens die polisie was daar geen sigbare beserings aan die lyk nie.

Kol. Adele Myburg, polisiewoordvoerder, sê ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bepaal hoe Hollanders dood is.

Hy was vir langer as 50 jaar ’n sendeling in Suid-Afrika.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.