Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beloning ná kunswerke in Pretoria-kaping gesteel is

’n Beloning van R10 000 is uitgeloof nadat die werke van verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars onlangs in ’n kaping in Pretoria gesteel is.

Die 31 werke van ’n kunshandelaar van Pretoria was by Sandton Auctioneers waar dit uitgestal is om opgeveil te word.

Volgens Ali Khansefid, uitvoerende hoof van die veilingshuis, was hul drywer op 15 April omstreeks 11:30 onderweg na Pretoria om die kunswerke wat nie verkoop is nie aan die eienaar terug te besorg toe hy op die N1-snelweg net voor die Rigellaan-afrit gekaap is.

“Die bakkie is danksy ’n opsporingstoestel teruggevind, maar al die kunswerke is weg. Dit is hoofsaaklik dekoratiewe skilderye deur ’n aantal Suid-Afrikaanse kunstenaars,” sê Khansefid.

“Elke werk is deur ’n ander kunstenaar en sluit wildlewe- en landskapskilderye in.

“Ek sal graag die skilderye en die skuldiges wil opspoor, daarom het ek ’n beloning uitgeloof.”

Van die kunstenaars wie se kunswerke soek is, sluit in Ignatius Marx, Helene Kapp, Munro, Margaret Gradwell, Gerhard Smit en W.H. Coetzer.

Khansefid wou nie die gesamentlike waarde van die gesteelde kunswerke bekend maak nie.

“Dit is nie fynkuns soos dié van Pierneef nie, maar dit het waarde en die waarde neem toe met tyd.”

Kapt. Dave Miller, ’n polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring bevestig ’n beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle opsporing van die kunswerke, sowel as die inhegtenisneming van die verdagtes, sal lei.

Enigiemand met inligting kan lt.kol. Hildegarde Johns by 082 419 9737 bel.

’n Kunswerk van Ignatius Marx wat tydens die kaping gesteel is.
Die werk van Gerhard Smit is gesteel.
Die W.H. Coetzer-kunswerk is onder die gesteelde werke.
’n Skildery van Margaret Gradwell wat in die kaping gesteel is.

Meer oor:  Kunswerke  |  Sandton Auctioneers  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.