Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
R1 m.-beloning: ‘Ons kan nie uitmoor van lede toelaat’

Die organisasie Forensics for Justice het Sondag gesê hulle kan nie en sal nie ledig staan en toekyk dat misdadigers uit die onderwêreld etiese en hardwerkende polisielede na willekeur uitmoor nie.

Forensics for Justice het Sondag ’n beloning van R1 miljoen aangekondig vir enige tasbare inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van lt.kol. Charl Kinnear se moordenaars.

kinnear
Die misdaadtoneel in Sidneyvale, Bishop Lavis, waar lt.kol Charl Kinnear, Vrydag doodgeskiet is. Foto: Jaco Marais

Die privaat speurder en korrupsievegter, Paul O’Sullivan, stigter van die organisasie, het gesê hy het vir jare geveg om die strafregstelsel van die euwel van korrupsie te bevry. “Ons sal nie toelaat dat die Wes-Kaap die provinsie word wat Suid-Afrika op die afdraandepad na wetteloosheid neem nie.”

Hy het gesê dat Kinnear ’n ordentlike polisieman was. Die soort polisielid wat die ruggraat van enige polisiediens vorm. “Ons benodig polisielede soos hy in ons land,” het O’Sullivan gesê.

“Sy moordenaars moet voor die gereg gedaag word. Nie net geregtigheid vir die man wat die sneller getrek het en die wegkomvoertuig bestuur het nie, maar ook vir die persoon of persone wat die sluipmoord op Kinnear gereël het.”

Lt.kol. Charl Kinnear is Vrydag in ’n sluipmoordaanval voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, vermoor.Foto: Verskaf

O’Sullivan het gesê daar is te veel korrupte polisielede en joernaliste wat nie eties is en met korrupte polisielede saamwerk. “Ons moet waaksaam wees totdat hulle almal in die tronk is, saam met die Mafia wat hulle obskure lewenstyle laat handhaaf.

Die kwynende spiraal van korrupsie kan geklop word en daaraan kan iets gedoen word.

Sarah Trent, O’Sullivan se regterhand, het gesê hulle het nog nooit so ’n groot beloning aangebied nie. “Maar ons besef as die polisie nie die saak gaan oplos nie, is Suid-Afrika verlore.”

Sy het gesê dat hulle nie net kan toekyk hoe goeie polisielede, mense wat elke dag hul lewens waag om Suid-Afrika veilig te maak, uitgemoor word nie.

“Wat met lt.kol. Charl Kinnear, een van Suid-Afrika se beste speurders gebeur het, mag nie weer gebeur nie. Kom hulle weg met die moord is ons verlore.”

Mense met inligting kan dit aan sarah.trent@forensicsforjustice.org stuur. Trent het gesê dat alle en enige inligting vertroulik hanteer sal word en het die versekering gegee dat niemand die e-posse sal kan onderskep nie.

Kinnear is Vrydag voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte deur ’n onbekende man in ’n rooi-kappietop doodgeskiet.

Die man het hom meer as vyf keer geskiet en die meeste van die koeëls was in sy lyf.

beloning
Die beloning wat uitgereik is vir inligting oor die moord op lt.kol. Charl Kinnear.

Kinnear het pas by die huis gekom, sy oudste seun Carlisle (24) gebel en hom gevra om sy motor uit die oprit te trek sodat hy kan intrek.

Dertig sekondes later het sy seun skote gehoor. Sy pa het op die toneel in sy voertuig gesterf.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê dat hulle geen kennis van enige beloning dra nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.