Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beloning vir De la Rey se gesteelde borsbeeld

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) loof ’n beloning van R20 000 uit vir inligting wat lei tot die opspoor van genl. Koos de la Rey se borsbeeld en/of die vastrek van die vermeende diewe.

Die bronsborsbeeld op die boereheld se graf in die Lichtenburg-begraafplaas in Noordwes is deur die loop van Saterdagnag gesteel.

Genl. Koos de la Rey se graf in Lichtenburg nadat dit die naweek geplunder en gevandaliseer is.

Jan-Danie Malan, kultuurorganiseerder van die FAK, het Lichtenburg Woensdag ’n tweede keer ná die diefstal besoek om self met die polisie daar te vergader.

Louis Pretorius, ’n agter-agterkleinkind van De la Rey wat saam met sy broer, Wentzel, op De la Rey se plaas in die omgewing boer, is saam met Malan na die polisie.

Rosina Pretorius, ’n agterkleinkind van De la Rey, het ná die diefstal gesê sy nasate is hartseer, teleurgesteld en getraumatiseer.

Die familie is dankbaar teenoor die FAK dat die organisasie De la Rey se borsbeeld met ’n onvernietigbare replika gaan vervang. Fanie Eloff het die oorspronklike beeld in 1917 gemaak. Jacques Müller, ’n beeldhouer van Pretoria, gaan die replika maak.

Die FAK sit dié plakkate Woensdag in Lichtenburg op. Foto: Verskaf

Die sanger Steve Hofmeyr het De la Rey se plaas en (ander) standbeeld in die Lichtenburgse middedorp Saterdag besoek nadat hy in die dorp was vir ’n optrede by ’n plaaslike skool. Hofmeyr het foto’s van onder meer De la Rey se standbeeld omring deur lang grasse in die middedorp op Instagram geplaas.

Hofmeyr skryf daarby: “Ons kan nie ons erfenis oorlaat aan die kaders nie. Hulle hou nie eens van hul eie geskiedenis nie. Skuif oom Koos terug na die De La Rey-familiewoning buite Lichtenburg. Herbegrawe hom ook daar.”

Sy woorde was skaars koud toe De la Rey se graf later Saterdag geplunder en gevandaliseer is. Hofmeyr het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, gaan daar nie ’n naweek verby wat kultuurorganisasies en gemeenskappe op ses of sewe plekke oor Suid-Afrika heen hard aan die werk is om ’n graf, monument of erfenisterrein te versorg nie. “Afrikaners is beslis besig om opnuut eienaarskap van ons erfenis te neem.”

• Ondersteun die FAK-Geskiedenisfonds en dra by tot die bewaring en bevordering van Afrikanerbeelde en -monumente. SMS GENERAAL na 45730 (R1,50). Die FAK is ’n organisasie sonder winsbejag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.