Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beloning van R1 m. uitgeloof ná transito-rooftog
Die toneel Maandag nadat ’n SBV-geldwa in ’n transitorooftog in Guguletu aan die brand gesteek is.

Die veiligheidsmaatskappy SBV het Woensdag ’n beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die transitorowers wat Maandag tussen 18:00 en 19:00 een van sy geldwaens in Guguletu, Kaapstad, aangeval het.

’n Sekuriteitswag is in die aanval dood nadat hy glo in die kop geskiet is en drie van sy kollegas is beseer.

’n Man is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem en ’n SBV-vuurwapen wat in die aanval gesteel is, is teruggekry.

Mark Barrett, uitvoerende hoof van SBV, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle en die polisie te help om die skuldiges aan te keer. Volgens hom gaan SBV se ondersoekspan seker maak hulle word gearresteer en vervolg.

Die vuurwapen behoort glo aan een van die SBV-wagte.
Brandweerbeamptes blus die vlamme nadat ’n geldwa van die veiligheidsmaatskappy SBV Maandag deur transitorowers in Guguletu, Kaapstad, aan die brand gesteek is.

“Ons werk saam met die polisie en het nog nooit ’n ondersoek afgesluit alvorens mense nie in hegtenis geneem is nie.”

Barrett vra dat enigeen met inligting oor die voorval die SBV-blitslyn by 083 408 7029 bel. Daar is 24 uur per dag iemand aan diens en alle inligting is vertroulik.

Volgens hom het hulle gereël dat die wagte en hul familie berading ontvang.

Dit is die tweede aanval sedert Januarie vanjaar op personeel van SBV.

Twee SBV-sekerheidswagte is op 30 Januarie aangeval terwyl hulle outomatiese tellermasjiene versien het. Hulle is later op die N1 naby Macassar afgelaai.

Plofstof is aan die lyf  van een van die wagte vasgemaak, maar lede van die polisie se plofstofeenheid het dit veilig verwyder.

Niemand is nog in verband met hierdie voorval in hegtenis geneem nie.


Meer oor:  Guguletu  |  Kaapstad  |  Transitorooftog  |  Beloning  |  R1 Miljoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.