Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beloning van R100 000 uitgeloof ná moord op polisieman

Die Wes-Kaapse polisie het ’n beloning van R100 000 uitgeloof ná die moord op ’n polisieman van Mitchells Plain.

Die polisieminister, Bheki Cele, saam met Shaldene Prins, die weduwee van die vermoorde polisieman, sers. Donovan Prins. Foto: Adrian de Kock

Die bende-eenheid het Woensdag die publiek se hulp ingeroep om sers. Donovan Prins (34) van Portlands se moordenaars vas te trek.

“ ’n Beloning van R100 000 word vir inligting aangebied wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes sal lei,” sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Prins, wat aan die Steenberg-polisiekantoor verbonde was, is op 24 Junie in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte doodgeskiet toe hy en ’n kollega, ’n konstabel, ’n groep bendelede agternagesit het.

Die twee polisielede was op patrollie en het vyf vermeende lede van die Mongrels-bende by die Fawley Hof-woonstelle opgemerk. Toe die verdagtes die patrolliemotor sien, het hulle daarop losgebrand.

Prins-hulle het twee van die bendelede in hul voertuig tot in Grindel-singel agtervolg, waar daar weer op die polisievoertuig geskiet is. Prins is deur die voertuig se deur in sy bolyf getref.

Na verneem word, kon sy kollega hom na die passasierskant skuif en het hy hom na die Melomed-hospitaal in Tokai geneem waar hy later aan sy wonde dood is.

Die moordenaars word sedertdien deur die polisie gesoek. Traut het ’n beroep gedoen op enigeen met inligting oor die moord om speursers. Patrick Learner, ondersoekbeampte, by 021 843 1900 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel.

Grindel-singel in Lavender Hill waar sers. Donovan Prins doodgeskiet is. Foto: Adrian de Kock
Sers. Donovan Prins

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.