Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beloning van R200 000 vir vind van gesteelde Lamborghini

Die maatskappy wat ’n wit Lamborghini Urus verseker, bied ’n beloning van R200 000 aan vir inligting wat lei tot die suksesvolle opsporing en terugbesorging van die motor aan sy eienaar.

Die kennisgewing oor die beloning vir die Lamborghini wat verlede week in Bedfordview voete gekry het. Foto: Verskaf

Die motor het verlede week in die verkeerde hande beland en is sedertdien nie weer gesien nie.

Volgens cars.co.za is die waarde van ’n Lamborghini Urus R3,5 miljoen.

Anton Koen, besturende direkteur van NoJack Vehicle Tracking – ’n verskaffer van motorbeveiligingstelsels in Benoni, sê ’n skelmstreek doen die ronde.

Volgens hom is drie van hierdie voertuie verlede week in ’n kwessie van twee dae aan die Oos-Rand, onderskeidelik Benoni en Bedfordview, gesteel. Twee van die gesteelde voertuie is wit en die ander een geel.

“Iemand sal die voertuigeienaar bel en voorgee hy skakel van Lamborghini af. Die persoon voer aan dat die model weens ’n meganiese fout herroep word,” verduidelik Koen.

“Die persoon sê dan dat hulle ’n vragmotor gaan stuur om die voertuig op te laai, omdat die voertuig nie verder bestuur kan word nie. ’n Paar dae later sal die eienaar die motorhandelaar bel om oor hul voertuig uit te vra, terwyl die handelaar geen kennis daarvan het nie.”

Die Lamborghini Urus wat verlede week by sy eienaar se huis in Bedfordview aan die Oos-Rand gesteel is. Foto: Verskaf
Die Lamborghini wat gesteel is, van agter gesien. Foto: Verskaf
Die Lamborghini Urus wat verlede week by sy eienaar se huis in Bedfordview aan die Oos-Rand gesteel is. Foto: Verskaf

In die geval van die wit Urus waarvoor die beloning uitgereik is, is die motor verlede Dinsdag by die eienaar se huis in Bedfordview deur drie mans opgelaai, sê Koen.

Die registrasienommer is JD89ZJGP.

Hy meen die skelms is mense wat die motorhandelaar gereeld as sogenoemde klante besoek en op dié manier uitvind hoe die prosesse werk.

“Moenie jou voertuig net vir enigiemand gee nie. Bel die motorhandelaar of die verkoopsman of iemand wat jy persoonlik ken by die handelaar om dit te bevestig,” sê Koen.

Enigiemand met inligting kan Koen by 071 127 6091 bel.

Die polisie het nie op ’n navraag oor die saak reageer nie.

Meer oor:  Lamborghini Urus  |  Nojack Vehicle Tracking  |  Oos-Rand  |  Beloning  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.