Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beloning vir inligting oor inbrekers

’n Beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vervolging van vier verdagtes wat onder meer met skroewedraaiers en koevoete by ’n huis op ’n landgoed in Plettenbergbaai ingebreek en twee bejaardes oorval het.

Die voorval het Dinsdag kort ná 20:00 plaasgevind.

Volgens die Plettenbergbaai-misdaadbestrydingsvereniging (PBCPA) het vier gewapende mans by die huis ingebreek en die bejaardes aangeval. Die mans het gevlug met juweliersware en tabletrekenaars.

Die bejaardes het na wat verneem word net ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Hulle het ook berading ontvang. Hul ouderdomme is nie bekend gemaak nie.

Die polisie en Plett Security was gou op die toneel, met ander sekerheidsmaatskappye kort op hul hakke. Die gebied is afgesper en buurtwagte en ander belanghebbendes het die N2 gemonitor. ’n Snuffelhond is ook ingespan.

“Misdaad raak almal in die dorp en die inwoners se veiligheid is vir ons baie belangrik.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Otto Olivier van die PBCA sê by navraag die beloning van R10 000 is deur die PBCA self uitgeloof. “Misdaad raak almal in die dorp en die inwoners se veiligheid is vir ons baie belangrik.”

Volgens die PBCA se Facebook-blad het die meeste inbrake in die voorafgaande twee weke (voor 3 Oktober) in Sektor 2 plaasgevind wat New Horizons, Quolweni en Bossiesgif insluit, gevolg deur Sektor 1 wat Plettenbergbaai se dorpsgebied insluit.

Strate in Sektor 1 wat geraak is, is Cutty Sark-, High-, Wilder-, Church- en Hillstraat, asook Pladda-rylaan.

Die meeste voorvalle word op Vrydae en Sondae tussen 18:00 en 21:00 aangemeld. Die meeste misdade vind egter bedags plaas, maar word slegs ontdek wanneer die huiseienaar ná werk tuis kom. Baie alarms word nie bedags geaktiveer nie.

In baie gevalle is toegang verkry deur ’n deur oop te dwing, of deur oop vensters en deure. Vensters word net in enkele gevalle gebreek omdat die geraas gewoonlik aandag trek.

Inwoners word onder meer aangeraai om altyd hul alarms te aktiveer en toe te sien dat deure goeie slotte of staalhekke het. Mense met inligting oor die voorval kan die PBCA by 082 251 8134 bel.

Meer oor:  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.