Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende dwing geldwa van pad in transitoroof suid van Bfn
Die toneel naby die N6, suid van Bloemfontein, waar transitorowers Woensdagmiddag ’n geldwa met plofstof oopgeskiet het.

’n Silwerkleurige Mercedes-Benz en ’n wit BMW is Woensdagmiddag omstreeks 16:20 gebruik om ’n geldwa van die G4S-maatskappy op die N6 tussen Bloemfontein en Reddersburg van die pad te druk.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê ’n bende van agt tot tien mans het die bestuurder van die geldwa na ’n afgeleë plek, weg van die hoofpad, gedwing.

Mbambo sê die bende het hier plofstof gebruik om die geldwa oop te skiet.

Een van die veiligheidswagte is gewond en sy vuurwapen is afgeneem.

Die verdagtes het in die rigting van Bloemfontein gevlug en die vuurwapen langs die pad weggegooi, waar die polisie dit gekry het.

Mbambo sê die verdagtes is nie aan die polisie bekend nie.

Volgens voorlopige inligting is die meeste van die geld tydens die ontploffing beskadig en die bende het met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.