SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende-eenheid fynkam moordtoneel vir leidrade

Lede van die bende-eenheid het Dinsdag die toneel in Portlands, Mitchells Plain, waar vier mense doodgeskiet is, ure lank vir leidrade gefynkam.

Drie mans en ’n vrou, tussen 30 en 32 jaar oud, is Dinsdagoggend douvoordag daar in Hazeldene-straat doodgeskiet.

“’n Voertuig het voor die huis stilgehou en drie mense het uitgeklim, by die huis ingestap en verskeie skote geskiet voordat hulle op vlug geslaan het,” sê brig. Novela Potelwa.

Volgens Potelwa ondersoek die polisie alle moontlikhede, insluitend dat die voorval bendeverwant kan wees.

Dit was ’n bloedbad en die polisie het die mense se hulp nodig om die skuldiges vas te trek
Abie Isaacs

Abie Isaacs van die gemeenskapspolisiëringsforum van Mitchells Plain het gevra dat mense uit die gemeenskap na vore moet kom met inligting.

“Ons veroordeel die soort aanvalle. Dit was ’n bloedbad en die polisie het die mense se hulp nodig om die skuldiges vas te trek,” het Isaacs gesê.

Bonita Wood van die gemeenskapspolisiëringsforum in Westridge het gesê dat sy noue bande gehad het met Lucian Arends, een van die slagoffers, en dat sy Woensdag sou gehelp het om hom in ’n rehabilitasiesentrum vir dwelms te kry.

“Hy was ’n stout outjie, maar hy was ’n mens en het hulp gesoek. Nog net een dag en hy sou weg gewees het,” sê sy en voeg by die huis waar die moorde gepleeg is, is bekend om dwelm-bedrywighede.

Volgens inwoners was die slagoffers glo lede van die Hard Livings- (HLs) bende wat betrokke is in ’n bakleiery met die 28’ss.

“Niemand weet presies waaroor die bakleiery gaan nie, maar gewoonlik is dit oor turf,” het een inwoner gesê.

Mense met inligting word versoek om die bende-eenheid by 0800 664 264 te bel.

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Bendegeweld  |  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.