Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende-eenheid in W-Kaap het nou tolvrye nommer

Die polisie se bende-eenheid in die Wes-Kaap het nou sy eie tolvrye nommer waarop hulp ingeval van bendegeweld of ’n bendeskietery ontbied kan word.

Die nommer, 0800 66 42 64, is Vrydag geaktiveer.

Die Wes-Kaapse hoof van die bende-eenheid, genl.maj. André Lincoln, het Vrydag bevestig dat die nommer bestaan en dat die diens vir Wes-Kapenaars beskikbaar is.

Hy het ook gesê dat die nommer tolvry van landlyne of selfone af geskakel kan word.

“Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê hy.

Netwerk24 het self die nommer gebel om seker te maak dat dit bestaan en wel aktief is.

’n Polisiebeampte wat dit beantwoord het, het beaam dat die diens pas geaktiveer is. “Hier sal 24 uur ’n dag, sewe dae ’n week mense aan diens wees om die oproepe te beantwoord.”

Die polisiebeampte het gesê een van hul versoeke aan die gemeenskap is om die regte straatname en plekname te gee. “Die res sal ons lede self doen.”

Die inligting wat ontvang word, sal dan aan lede van die bende-eenheid wat aan diens is, gegee word om op te volg.

Lincoln sê hulle het besef dat daar ’n behoefte aan ’n nommer is waar mense direk inligting aan die bende-eenheid kan deurgee.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Bendegeweld  |  Bendeskietery  |  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.