Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende-eenheid keer 8 in Manenberg aan
Die vuurwapens en ammunisie waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf
Die vuurwapen waarop beslag gelê is.Foto: Verskaf

Die teenbende-eenheid in Kaapstad het Dinsdagaand agt verdagtes in die bendegeteisterde Manenberg vasgetrek op aanklagte wat moord, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie insluit.

Kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê hulle het op ’n wenk gereageer toe hulle die verdagtes, tussen 16 en 42 jaar oud, omstreeks 22:30 in Manenberg vasgetrek het.

“Die verdagtes is vasgetrek in verband met ’n skietery in die gebied waarin ’n vrou dood is nadat ’n dwaalkoeël haar getref het, asook die skietvoorval Dinsdagaand waarin drie seuns tussen 10 en 16 jaar oud gewond is.”

Volgens Van Wyk is hulle ná verdere ondersoek na Gamtoosstraat waar hulle twee verdagtes vasgetrek het. Hulle het ’n 9 mm-pistool by hulle gekry wat vermoedelik in die skietvoorval op die kinders gebruik is.

Die polisie sê die verdagtes sal almal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Manenberg  |  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.