Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende-eenheid kry perlemoen in Welgelegen
Die polisie het Donderdag op perlemoen met ’n geskatte waarde van meer as R800 000 beslag gelê in ’n huis in Welgelegen, Kaapstad. Foto: SAPD
Die polisie het ook op dié vuurwapen by ’n huis in Welgelegen beslag gelê. Foto: SAPD

Perlemoen met ’n enorme straatwaarde, ’n vuurwapen en ammunisie, is van die goedere waarop lede van die bende-eenheid Donderdag by ’n huis in Welgelegen, in Kaapstad se noordelike voorstede, beslag gelê het.

Lede van die bende-eenheid se taktiese reaksie-eenheid het ’n wenk ontvang dat daar moontlik ’n ongelisensieerde vuurwapen en perlemoen by ’n huis in Genl. Manie Maritzstraat, Welgelegen, is.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê toe die polisie by die huis stilhou, het hulle ’n man in ’n silwerkleurige Volkswagen Polo van die huis sien wegjaag.

Traut sê die huis is deurgesoek en die polisie het afgekom op ’n 6.35 Baby Browning-pistool, een koeël vir die vuurwapen en perlemoen ter waarde van sowat R804 000.

Hy sê die ondersoek gaan voort en die polisie is nou op soek na die man wat gevlug het.

Meer oor:  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.