Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende-eenheid maak reuse-dwelmvonds in Muizenberg
Lede van die bende-eenheid deursoek die woning.Foto: SAPD

Lede van die bende-eenheid het Dinsdag dwelms ter waarde van R5,1 miljoen in Muizenberg ontdek.

Volgens die Wes-Kaapse polisie het lede van die eenheid inligting oor aktiwiteite by ’n adres in Opal-laan in Sheraton Park, Muizenberg, opgevolg.

“Die polisie het toegeslaan en 37 000 mandrax-tablette, 2 600 gebreekte mandrax-tablette, twee pakkies met sowat 500 kleiner pakkies kristal-metamfetamien en 500 g heroïne gekry,” sê kapt. FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

Volgens die polisie het hulle ook ’n Glock 27-pistool, ’n 9 mm-Tanfoglio-pistool met ’n reeksnommer, nege magasyne en meer as 300 9 mm-patrone in die huis gekry.

“ ’n Verdagte van 19 jaar is vir die besit van ’n verbode vuurwapen en ammunisie, asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en handel in dwelms in hegtenis geneem,” sê die polisie.

Van Wyk sê lede het daarna ’n huis in die agterplaas deursoek waar 20 pakkies met sowat 1,95 kg tik in ’n rugsak gekry is.

“Twee vroue van onderskeidelik 18 en 25 jaar is vir handel in tik in hegtenis geneem. Die motorhuis is ook deursoek en ’n 25-jarige man is vir die besit van 36 000 mandrax-tablette in hegtenis geneem.”

Van Wyk sê die straatwaarde van die dwelms is sowat

R5,14 miljoen.

Die vier verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Muizenberg verskyn.

Van die dwelms waarop daar beslag gelê is.Foto: SAPD
Die dwelms waarop beslag gelê is.Foto: SAPD
Die vuurwapens wat gekry is.Foto: SAPD

Meer oor:  Dwelms  |  Muizenberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.