Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende-eenheid trek man vas oor vuurwapen, ammunisie
Die polisie het Dinsdag ’n 22-jarige man in Valhallapark in Kaapstad aangekeer vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.Foto: SAPD

Lede van die polisie se nuutgestigte bende-eenheid het Dinsdag ’n 22-jarige man in Valhalla-park in Kaapstad aangekeer vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê dié optrede was deel van ’n veldtog om bendeverwante misdaad te bekamp. Hy sê die polisie maak goeie vordering in sy stryd teen berugte bendes in die omgewing.

“Veral in die woonbuurte Valhalla-park en Kalksteenfontein, waar daar onlangs skietvoorvalle tussen bendes was. Die polisie in Bishop Lavis het in samewerking met die bende-eenheid inligting wat hulle van die publiek gekry het, opgevolg om geweld in die omgewing hok te slaan,” sê Potelwa.

Die verdagte is in aanhouding en sal eersdaags in die landdroshof in Bishop Lavis verskyn op aanklag vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Meer oor:  Kaapstad  |  Vuurwapen  |  Bende-Eenheid  |  Inhegtenisname  |  Ammunisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.