Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende moontlik agter rooftog én moord

Die bende gewapende rowers wat Maandag die bekende Bandelierkop-motorhawe beroof het, kan moontlik met die moord op ’n polisieman verbind word.

Dié motorhawe is langs die N1-noord naby Louis Trichardt in Limpopo.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n taakspan ondersoek die moontlikheid van ’n verbintenis tussen die rooftog en die moord op lt.kol. Phineas Marubini Mamatsiari (55).

Hy is Sondagaand in die Dzwerani-nedersetting buite Thohoyandou doodgeskiet toe hy by sy huis aangekom het. Drie gewapende mans het toe sy polisievoertuig gekaap. Mamatsiari was verbonde aan die voertuigeenheid van die polisie in Thohoyandou.

Ngoepe sê die polisie is ontbied en terwyl hulle na die verdagtes gesoek het, het dieselfde bende glo op vier klinieke toegeslaan. Veiligheidswagte by die Mpheni-, Waterval-, Mbhokota- en Bungeni-kliniek is van hul wapens en selfone beroof.

Die polisie het die bende agternagesit en Maandag kort voor 01:00 naby die Venda-Universiteit in Thohoyandou voorgekeer. ’n Hewige skietery het tussen die rowers en die polisie uitgebreek.

’n Konstabel van die polisie se eenheid vir openbare orde is ernstig gewond en is in ’n hospitaal in die Vhembe-distrik. Ngoepe sê sy naam word weens veiligheidsredes weerhou.

Volgens hom kon dieselfde rowers moontlik betrokke gewees het by die gewapende rooftog omstreeks 03:00 by die Bandelierkop-motorhawe naby die Capricorn-tolplaza.

Drie rowers met aanvalsgewere en klapmusse het die winkel by die motorhawe ingestorm en die werknemers gedwing om op die grond te lê.

Hulle het probeer om ’n kluis met plofstof oop te skiet, maar die poging het misluk. Die bende het toe twee selfone van kassiere en ’n onbekende kontantbedrag geroof. Hulle het in ’n wit Mercedes-Benz, sonder nommerplate, op die N1 weggejaag.

Niemand is nog in verband met enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Moatshe Ngoepe  |  Thohoyandou  |  Bende  |  Roof  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.