Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bende rowers slaan toe in Clearwater Mall

Die polisie in Roodepoort het ’n grootskaalse soektog na ’n bende gewapende rowers begin ná ’n rooftog Vrydag laatmiddag by ’n juwelierswinkel in ’n winkelsentrum hier.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die gewapende bende Vrydag omstreeks 17:00 ’n juwelierswinkel by die Clearwater Mall in Roodepoort beroof.

Die bende het na bewering ’n vuurwapen op die winkelbestuurder en sy assistent gerig voordat hulle met juweliersware en ’n onbekende bedrag kontant gevlug het.

Volgens Masondo het die bende rowers willekeurig begin skiet terwyl hulle die winkelsentrum verlaat het.

Daarna het hulle ’n Isuzu-bakkie van ’n private veiligheidsmaatskappy gekaap. Die bakkie is later verlate in Maraisburg gevind.

Masondo sê die bende het ook glo drie ander voertuie, ’n silwer BMW, Volkswagen Amarok en silwergrys BMW X5, as wegkom-motors gebruik. Die voertuie is verlate by die winkelsentrum agtergelaat.

Volgens Masondo is niemand in die rooftog beseer nie.

Niemand is nog vir die rooftog aangekeer nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om die Stop-misdaad-nommer, 08600 10111, te skakel.

Meer oor:  Rowers  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.