Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Bendebaas', nog 6 doodgeskiet toe polisie toeslaan

Sewe mense wat glo aan ’n bende behoort het, is Dinsdagmiddag by ’n huis in Fairfieldrylaan in Scottsville, Pietermaritzburg, deur die polisie doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 15:00 plaasgevind.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdagaand op die toneel bevestig ’n bendebaas wat die stad, en veral die gemeenskap van Imbali, geterroriseer het, is een van dié wat dood is. Die bendebaas was ook een van verskeie verhoorafwagtendes wat in April vanjaar uit ’n polisievangwa ontsnap het.

Sewe vermeende bendelede is Dinsdagmiddag in Fairfieldrylaan in Scottsville, Pietermaritzburg, deur die polisie doodgeskiet. Foto: Moeketsi Mamane, The Witness

Vyf gewapende mans het op daardie dag uit ’n dubbelkajuitbakkie geklim en die vangwa, wat op pad was na die landdroshof in Pietermaritzburg, voorgekeer. Die mans het hul vuurwapens op die twee polisielede in die vangwa gerig terwyl een van die gewapende mans die slotte aan die agterkant van die voertuig met ’n boutsnyer oopgeknip het. Verskeie van die sowat 45 verhoorafwagtendes het toe ontsnap.

Volgens Cele, wat die media omstreeks 18:40 buite die huis te woord gestaan het, is verskeie AK47-aanvalsgewere op die toneel gevind.

“Die bende het ’n lekker lewe hier geleef met duur alkohol, enorme televisies en motors wat vermoedelik gesteel is,” sê Cele.

Kol. Thembeka Mbhela, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting ontvang dat ’n bende nou in die betrokke huis woon.

“Hulle het die huis aan die begin van Mei begin huur. Toe hulle die polisie wat Dinsdag daar aangekom het, opmerk, het hulle begin skiet,” sê sy.

Bheki Cele, minister van polisie, Dinsdag in Scottsville, Pietermaritzburg, waar sewe vermeende bendelede doodgeskiet is. Foto: Moeketsi Mamane, The Witness

Meer oor:  Bheki Cele  |  Scottsville  |  Pietermaritzburg  |  Bende  |  Polisie  |  Skietery  |  Bendebaas  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.