Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendegeweld dalk rede vir man se skietdood

Vier mans is in twee afsonderlike voorvalle in Lentegeur en Mitchells Plain doodgeskiet, van wie die een se dood moontlik met bendegeweld verband hou.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê Cameron Bailey (24) se lyk is naby die hoek van Imperial- en Swartklipstraat in Beacon Valley, Mitchells Plain, gekry.

Bailey was bekend as lid van die Fancy Boys-bende en is volgens Van Wyk deur ’n voetganger gevind. Bailey is in die kop geskiet, maar daar is geen ander leidrade op die toneel nie en niemand weet iets van die misdaad nie.

Die polisie het nog nie enige verdagtes geïdentifiseer nie.

Vroeër Donderdag omstreeks 12:00 is die polisie in Lentegeur na ’n toneel ontbied waar daar ’n skietery was.

Van Wyk sê drie mans is in ’n wit Ford Focus-motor op die hoek van Eisleben- en Morgensterstraat gekry.

Al drie mans, wat vermoedelik tussen 21 en 43 jaar oud was, is op die toneel dood verklaar.

Van Wyk sê die polisie vermoed hulle was op pad na Mitchells Plain. Hy sê volgens inligting het ’n groep mans in ’n ander voertuig verby die Ford Focus gery en verskeie skote afgevuur en al drie mans noodlottig gewond.

Dit is nie seker of die voorval ook met bendegeweld verband hou nie.

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Lentegeur  |  Bendegeweld  |  Skietdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.