Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendegeweld eis dalk 3 lewens in PE

Bendegeweld het vermoedelik binne 12 uur en in ’n radius van 1 km die lewe van drie mense in Port Elizabeth se noordelike gebiede geëis.

Hoewel die drie voorvalle slegs enkele strate van mekaar was, sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, daar is nog nie vasgestel of hulle met mekaar verband hou nie.

Die provinsiale bende-ondersoekeenheid ondersoek wel dié moontlikheid, sê sy.

Die jongste voorval – waarin Franklin Grootboom (32) doodgeskiet is – was Vrydagoggend om 06:30 in Reneckeweg, Helenvale.

Volgens Naidu het Grootboom en ’n vriend na ’n winkel in Reneckeweg gestap toe hulle glo ’n groep mans van ’n vyandige bendegroep in hul rigting sien loop.

“Grootboom en sy vriend het weggehardloop. Grootboom het in ’n erf in Reneckeweg ingehardloop toe een van die verdagtes hom verskeie keer raakskiet,” sê Naidu.

Ojay Marais (21), een van die drie mans wat binne 12 uur in die noordelike voorstede van Port Elizabeth vermoor is. Foto: VERSKAF

Die aanvallers het weggehardloop en Grootboom is op die toneel dood.

Dit kort ná ’n skietvoorval Donderdagaand om 19:00 in Voisinweg, 400 m van Renecke-weg, plaasgevind.

Jesican Charles (28) en ’n vriend het voor ’n huis in Voisinweg gestaan toe ’n man hulle nader.

Charles het by die huis ingehardloop en weer uit by die agterdeur voor hy oor ’n grensmuur probeer spring het.

Naidu sê Charles is in die bors en gesig geskiet voor hy oor die muur kon spring. Hy is kort daarna in ’n hospitaal dood verklaar.

Skaars ’n halfuur vroeër het ’n ander skietvoorval die lewe van Ojay Marais (21) in Anitaweg geëis.

Anitaweg is sowat 900 m van Voisinweg geleë.

Naidu sê die besonderhede oor die skietdood van Marais is nog vaag.

“Die polisie is Donderdagaand na die voorval uitgeroep. Op die toneel het ons die oorledene op sy gesig op die sypaadjie aangetref.”

Marais het verskeie skietwonde in sy nek en rug gehad en is op die toneel dood verklaar.

Naidu sê geen ooggetuies het op die toneel na vore gekom nie en die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om hom met sy ondersoek te help.

Teen Vrydagmiddag was niemand weens enige van die drie moorde in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.