Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendegeweld neem weer toe op Kaapse Vlakte

Bendegeweld het sedert die instelling van vlak 3 van die staat van inperking op die Kaapse Vlakte toegeneem.

Inwoners van woonbuurte op die Kaapse Vlakte sê hulle lewe daagliks in vrees. Vrees dat ’n dwaalkoeël van ’n bendelid een van hulle hul lewe kan kos.

’n Inwoner van Hanover Park het Dinsdag kort ná 22:00 ’n video-opname gemaak waarin duidelik gehoor kan word hoe meer as 50 skote in kort sarsies binne ’n bestek van minder as twee minute geskiet word.

Inwoners, wat gevra het om anoniem te bly, sê dit klink van 1 Junie elke dag so.

Ons lewe in vrees wanneer ons opstaan, wanneer ons moet gaan werk. Wanneer ons by die werk is vrees ons vir ons kinders, ons vrees wanneer ons saans huis toe kom en selfs ook saans voor ons gaan slaap.

“Ons lewe in vrees wanneer ons opstaan, wanneer ons moet gaan werk. Wanneer ons by die werk is vrees ons vir ons kinders, ons vrees wanneer ons saans huis toe kom en selfs ook saans voor ons gaan slaap."

Maandagoggend is Arin Esterhuizen (3) en haar pa, Nathan Esterhuizen (35), om 07:15 in 39ste Laan, Eureka Estate in Elsiesrivier, doodgeskiet.

Hulle het in strydende bendes se kruisvuur beland. Esterhuizen het pas sy vrou afgelaai om ’n taxi werk toe te haal. Hy is verskeie kere getref en het in sy voertuig gesterf. Arin is in haar kop getref en het in die Rooi Kruis-kinderhospitaal gesterf.

Maandagaand is Liam Petersen (3) in Hillview, Lavender Hill, doodgeskiet. Sy pa is drie keer in die voorval gewond.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê dat speurders verbonde aan die Muizenberg-polisiekantoor die omstandighede ondersoek waarin Liam doodgeskiet is.

Sy sê dat die Liam en sy pa buite hul huis gestaan het toe ’n onbekende skieter op hulle geskiet het.

Die pa het met sy seun die huis ingevlug, met die skieter glo agterna.

Liam is met aankoms by die Retreat-daghospitaal dood verklaar.

Potelwa sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die aanval bendeverwant kan wees.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het ook Woensdag gesê dat nog niemand vir die dood van Esterhuizen en sy dogter, Arin, in hegtenis geneem is nie.

Meer oor:  Bendegeweld  |  Vlak 3  |  Inperking  |  Kaapse Vlakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.