Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendegeweld: ‘Ons het ’n pragtige meisie verloor’

Daar was Woensdag ’n stortvloed boodskappe van medelye op Facebook vir die sewejarige meisie van Kaapstad wat dood is nadat sy in die spervuur van strydende bendelede beland het.

Imaan Solomons (7) is Dinsdagaand drie keer raakgeskiet en is later dood nadat sy in strydende bendes se kruisvuur beland het. Foto: Facebook

Lede van die Wes-Kaapse bende-eenheid en openbare-orde-eenhede is na Ocean View naby Kommetjie ontplooi nadat Imaan Solomons (7) en nog ’n man dood is in die skietery Dinsdagaand in Libraweg, Ocean View.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is Imaan na wat verneem word drie keer in haar bors geskiet.

Volgens Potelwa is sy per ambulans na die Valsbaai-hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.

Mense het hul skok en hartseer oor nog ’n kindersterfte uitgespreek.

“Ons het ’n pragtige klein meisie met ’n sagte hart vanaand verloor weens vuurwapengeweld,” het Nadeema Stemmet geskryf.

Erica Cloete skryf: “Onskuldige kinders gaan dood. HOEKOM? Wanneer gaan al hierdie wreedheid eindig? SA gaan op jou knieë en bid.”

imaan
Een van die inskrywings op die Facebookblad: Ocean view - In memoriam

Volgens die polisie het ’n skare mense wat ná die skietery op die toneel bymekaar gekom het die polisie aangeval.

“Ons is genoop om die openbare-orde-eenheid- en die bende-eenheid te ontplooi in ’n poging om gemoedere te kalmeer en die situasie onder beheer te bring,” sê Potelwa.

Potelwa sê die polisie het daarna ook op die lyk van ’n 31-jarige man met skietwonde afgekom. Die man is ook vermoedelik in die bendegeweld doodgeskiet.

Volgens Potelwa word albei die moorde ondersoek en probeer die polisie ook die identiteit van die 31-jarige man vasstel.

Mense met inligting oor die moorde word gevra om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 met enige te kontak. Hulle kan ook die polisie op die MySAPS App kontak.

Potelwa sê die polisie is nog steeds op die toneel om die situasie dop te hou.

Meer oor:  Ocean View  |  Kaapstad  |  Moord  |  Polisie  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.