Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendeleier, seun gewond in sluipmoord-aanval

Ernie “Lastag” Solomon, vermeende hoofleier van die Terrible Josters en sy seun Carlo Solomon, is sowat ’n uur gelede in ’n mislukte sluipmoordaanval in Hawston gewond.

Volgens ’n polisiebron is Ernie vyf keer raakgeskiet en Carlo drie keer. Solomon is glo in sy been gewond en Carlo in sy arm.

Ernie “Lastag” Solomon, vermeende hoofleier van die Terrible Josters. Foto: Facebook

Albei is na die Mediclinic Hermanus gebring waar hulle glo nou behandel word. ’n Derde persoon, Jonathan "Blikke" Thomas, wat saam met hulle was, is dood.

Die skietery was by Club Octupus, wat algemeen beskou word as die Terrible Josters se hoofkwartiere in Hawston.

Bronne het Maandag kort ná die aanval gesê dit kan verband hou met die mislukte sluipmoordaanval in Maart vanjaar op Horatio “Voudie” Solomon (30).

Horatio se 13-jarige dogter is ernstig gewond en sy is die volgende dag in die hospitaal dood. Daar is toe al beweer dat die aanval op Horatio deur Solomon beplan is.

Horatio is Solomon se susterskind. Horatio is ook die beweerde leier van die Terrible Josters in Elsiesrivier, Delft, Wesbank en Kleinmond.

Mense het destyds gesê Horatio gaan nie dié aanval en sy kind se dood net so los nie. Mense met kennis van die Kaapse onderwêreld het gesê hy gaan sy dogter se “bloed optel.”

Nadat Solomon en sy seun in die hospitaal opgeneem is, het die polisie in Hermanus beamptes daar ontplooi. Hulle het gehoor die aanvallers is op pad na die hospitaal om “hom klaar te maak”.

Die saak word nou deur die Wes-Kaapse bende-eenheid ondersoek.

Meer oor:  Terrible Josters  |  Bendegeweld  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.