Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendelid in hospitaal se parkeerterrein doodgeskiet

Waarskuwing: Hierdie berig bevat 'n grafiese foto wat sensitiewe lesers kan ontstel.

’n Vermeende lid van die Dissipels- en Young Ones-bende in Elsiesrivier, Kaapstad, is Dinsdag buite die Tygerberg-hospitaal in die stad doodgeskiet.

Jonathan (Appels) Hein

Jonathan Hein (40), alombekend as Appels, was vermoedelik vir ’n opvolgbesoek by dié hospitaal nadat hy vroeg in April raakgeskiet is.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig ’n man van Elsiesrivier is omstreeks 11:15 in die parkeerterrein van die hospitaal deur twee mense doodgeskiet. Hy sê die voorval word ondersoek en niemand is nog aangekeer nie.

Luidens ’n bron na aan die ondersoek is Hein op 3 April geskiet waar hy in sy motor voor ’n restaurant in Elsiesrivier gesit het. Hy is in die nek en vingers raakgeskiet en is eers na die polisiekantoor geneem voordat hy na die Tygerberg-hospitaal geneem is vir behandeling.

* In ’n ander skietvoorval is nog ’n vermeende bendelid, Kevin Tromp (25) van die Fancy Boys-bende, Maandagaand in Portlands, Mitchells Plain, doodgeskiet.

Met die polisie se aankoms op die toneel was Tromp reeds dood. Niemand is nog aangekeer nie.

Die lyk van Jonathan Hein in die parkeerterrein van die Tygerberg-hospitaal.
Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Young Ones  |  Dissipels  |  Jonathan Hein  |  Elsiesrivier  |  Kaapstad  |  Doodgeskiet  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.