Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendes eis glo nog ’n jong man op Kaapse Vlakte
Junaid Petersen is Woensdagaand in Bonteheuwel doodgeskiet. Foto: Verskaf

Die polisie het Donderdag bevestig dat nog ’n man Woensdag in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte in ’n vermoedelik bendeverwante skietvoorval gesterf het.

Junaid Petersen (24) is op die hoek van Bonteheuwellaan en Swartysterhoutstraat doodgeskiet.

Hy was glo ’n lid van die Hard Livings-bende.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy sê die voorval het omstreeks 20:15 plaasgevind en hulle ondersoek die moontlikheid dat dit bendeverwant is.

In nog ’n voorval in die Bonteheuwel-omgewing is ’n 43-jarige man in Netreg in hegtenis geneem. Traut sê die polisie het in ’n huis in Oudehoutsingel, Netreg, Bishop Lavis, op ’n 9 mm-pistool, ’n arsenaal koeëls vir verskeie tipes vuurwapens, verskeie magasyne en 1 086 Mandrax-tablette beslag gelê.

Die man sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Die polisie het Woensdag op dié magasyne, ammunisie en Mandrax-tablette in ’n huis in Netreg, Bishop Lavis, beslag gelê.Foto: SAPD
Die polisie het Woensdag op dié vuurwapen, magasyne, ammunisie en Mandrax-tablette in ’n huis in Netreg, Bishop Lavis, beslag gelê.Foto: SAPD
Die polisie het Woensdag op dié ammunisie in ’n huis in Netreg, Bishop Lavis, beslag gelê. Foto: SAPD
Meer oor:  Bonteheuwel  |  Kaapse Vlakte  |  Bendegeweld  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.