Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bendes teister PE die naweek

Bendegeweld het die naweek weer hoogty gevier in die noordelike voorstede van Port Elizabeth.

Vier voorvalle is sedert Vrydag aangemeld, sê kapt. Johan Rheeder, ’n polisiewoordvoerder.

Kapt. Johan Rheeder, ’n Baaise polisiewoordvoerder. Foto: Argief

Volgens hom is twee mense weens ’n bendeskietery in twee afsonderlike voorvalle dood.

In al die voorvalle het lede van bekende bendes in die areas op die slagoffers losgebrand.

In die nuutste voorval Sondagoggend om 00:07 is ’n 28-jarige man in Voisonweg geskiet. Hy het het onderweg na die hospitaal beswyk.

Om 22:50 Vrydagaand is twee mans deur bendelede in Chamoisstraat in Helenvale raakgeskiet.

Volgens Rheeder is een van dié mans op die toneel aan sy wonde dood.

Kort voor 21:30 dieselfde aand is ’n man in Kobusweg, Gelvandale, geskiet. Hy het nog geleef terwyl hy in die ambulans onderweg hospitaal toe was.

In Siyazamastraat in Timothy Valley, Bethelsdorp, is ’n klaer se huis beskadig toe bendes op die huis losgebrand het.

Niemand is in dié voorval beseer nie.

“Ons wil ’n beroep doen op die gemeenskap om ons oë en ore te wees in die areas waar hulle woon. Dit is al manier hoe ons misdaad kan stopsit,” sê Rheeder.

“Ek verstaan sommige mense vrees vir hul lewe. Indien dit die geval is, kan hulle bendes en bende-aktiwiteite anoniem aanmeld deur van die polisie se misdaadnommer gebruik te maak.”

Hy het ouers aangemoedig om nie speelgoedgewere vir hul kinders te koop nie, want rooftogte word telkemale met speelgoedgewere uitgevoer.

Enigeen met inligting kan die polisie by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.