Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Benni McCarthy se broer aangekeer vir dwelmhandel

Die ouer broer van die sokkerster Benni McCarthy is die naweek vir dwelmhandel by sy huis in Parow-Noord, Kaapstad, in hegtenis geneem.

Jerome McCarthy (47), wat voorheen vir Manning Rangers in Durban en Santos in Kaapstad uitgedraf het, is Maandag in die landdroshof in Bellville op borgtog van R100 000 vrygelaat.

McCarthy is die ouer broer van Benni (43), voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler en Cape Town City-afrigter.

McCarthy is nou glo ’n sportagent wat ander sokkerspelers bestuur.

Hy is in hegtenis geneem nadat die polisie ’n gedeelte van ’n besending Mandrax-tablette onderskep het wat na hom op pad was.

Volgens bronne is die 250 000 Mandrax-tablette glo per koerier na McCarthy se huis in Parow gestuur.

Jerome McCarthy (47), ouer broer van Benni McCarthy, die voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler, is die naweek vir dwelmhandel in hegtenis geneem. Foto: Facebook

Die polisie het dit onderskep nadat hulle glo ’n wenk gekry het. Hulle het uiteindelik slegs sowat 1 000 van die Mandrax-tablette na McCarthy se huis met die koerier aangestuur.

Volgens die bronne het McCarthy met die koerier se aankoms by sy huis met die vragbrief na buite gekom om die “pakkie” in ontvangs te neem. Hy is glo in hegtenis geneem kort nadat hy daarvoor geteken het en dit in sy besit geneem het.

Die bronne het gesê die polisie het toe reeds al geruime tyd naby sy huis gewag vir die koerier om op te daag.

McCarthy is in 2003 vir ’n jaar uit sokker geskors nadat hy skuld beken het vir die gebruik van ’n verbode middel.

Die saak teen McCarthy is tot 25 Februarie 2021 vir verdere ondersoek uitgestel.

Navrae is aan die polisie gestuur. Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Benni Mccarthy  |  Jerome Mccarthy  |  Kaapstad  |  Dwelmhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.